WELKOM BY ATKV-BUFFELSPOORT
'N OASE IN DIE MAGALIESBERGE
Akkommodasie
Akkommodasie
ATKV-Buffelspoort bied 'n verskeidenheid selfsorgakkommodasie-opsies, insluitend 4-bedtenthuise en kampeerstaanplekke onder skaduryke bome of op geplaveide areas met skadunette, elk toegerus met kragpunte en braaigeriewe.
Fasiliteite
Die oord beskik oor 'n gelisensieerde restaurant met 'n wegneemete-afdeling, 'n sportkroeg en 'n goed toegeruste winkel en drankwinkel. Daar is ook 'n OTM op die perseel vir jou gerief.
Vermaak
Gaste kan geniet van warm binnenshuise en buiteswembaddens, koue buiteswembaddens, borrelbaddens, 'n waterwurm en wipmatte, sowel as snoeker en potspel. Vir die aktiewes is daar gholf en avontuur-minigholf, vlugbal, muurbal en tennisbane beskikbaar.