WELKOM BY ATKV-BUFFELSPOORT
JOU OASE IN DIE MAGALIESBERGE
Akkommodasie
Geleë aan die voetheuwels van die majestueuse Magaliesberge in die Bosveld, minder as ’n uur vanaf Pretoria en Johannesburg, bied ATKV-Buffelspoort ’n unieke oase vir ontspanning en avontuur.
Hierdie gewilde vakansie- en konferensiebestemming spog met warm binne- en buiteswembaddens, verfrissende koue swembaddens, waterpret vir die hele gesin en ’n verskeidenheid aktiwiteite soos gholf, tennis, padel, minigholf en vermaakprogramme vir die kinders.

Akkommodasie
ATKV-Buffelspoort bied ’n verskeidenheid selfsorgakkommodasie-opsies, insluitend vierbed-tenthuise en kampeerstaanplekke onder skaduryke bome of op geplaveide areas met skadunette, elk toegerus met kragpunte en braaigeriewe.

Fasiliteite
Die oord beskik oor ’n gelisensieerde restaurant met ’n wegneemete-afdeling, ’n sportkroeg en ’n goed toegeruste winkel en drankwinkel. Daar is ook vir jou gerief ’n OTM op die perseel.

Vermaak
Gaste kan warm binne- en buiteswembaddens, koue buiteswembaddens, borrelbaddens, ’n waterwurm en wipmatte, sowel as snoeker en potspel geniet. Vir die aktiewes is daar avontuur-minigholf, padel, vlugbal, muurbal en tennisbane beskikbaar.

