Skip to the content

Ons oase in die Magaliesberge

Minder as ’n uur van beide Pretoria en Johannesburg, net ’n klipgooi van die wêreldbekende Sun City, lê ATKV-Buffelspoort.

Met verskillende soorte selfsorgakkommodasie, ontspanningsgeriewe en aktiwiteite, ’n restaurant, kitskosfasiliteite en goed toegeruste winkel is ATKV-Buffelspoort die ideale basis vanwaar jy die talle toeriste-aantreklikhede in die omgewing kan verken.

Ons kampeergeriewe is veral gewild. Benewens ons 4-bedtenthuise het ons ’n magdom kampeerstaanplekke onder skaduryke bome of gepavleide staanplekke met skadunette, kragpunte en 'n braai-area. Daar is uitstekende opwas- en ablusiefasiliteite.

Perfek vir aksie en avontuur, of net luilekker rus en vrede – die volmaakte gesinsvakansie! Boonop bied die omgewing se rustigheid die regte atmosfeer vir positiewe en verbeeldingryke besigheidsbeplanning.

ATKV-Buffelspoort – ons oase in die Magaliesberge.

Promosies

Bly vir minder die somer by ATKV-oorde. Spesiale aanbod vir Januarie & Februarie nou beskikbaar. 

Aanlyngeskenkbewyse

Wil jy graag iemand bederf met ’n ervaring as geskenk?  

Kliek hier om ’n ATKV-geskenkbewys te koop.

COVID-19 Suid-Afrika

Vir die nuutste inligting rakende die koronavirus in SA, volg gerus die skakel.

Akkommodasie

Buffelspoort beskik oor ’n verskeidenheid selfsorgakkommodasie vir elke smaak. Omdat jy boonop per eenheid betaal en nie per persoon nie, bespaar jy baie.

Buffels Villas ATKV Buffelspoort

Buffels Villas

8-Slaper Eenhede

Magalies Villas ATKV Buffelspoort

Magalies-villas

6-Slaper Eenhede

Rondawels at ATKV Buffelspoort

Rondawels

4 en 8-Slaper Eenhede

Tented house accommodation ATKV Buffelspoort

Tenthuise

4-Slaper Eenhede

50-PLUSSERS!

Bosveld op sy beste!

Die ATKV maak jou Bosvelddrome waar met Negester Klein-Kariba.