Vyfbed-huis (slegs enkelbeddens)

52 m2

Slaap 5 (maksimum 4 volwassenes)

2 slaapkamers

1 badkamer

Selfsorg


Die tweeslaapkamerhuis beskik oor twee slaapkamers, elk met twee enkelbeddens. ’n Dagbed wat geskik is vir ’n kind is beskikbaar in die lugversorgde oopplan-leefarea. Daar is ’n platskerm-TV met beperkte DStv.

Die badkamer het ’n stort. Dit is ’n nie-rook-eenheid. Die huis het ’n onderdakbuitebraai-area met ’n bankie en parkeerplek vir een voertuig. 

Badhanddoeke word voorsien. Bring jou eie swemhanddoeke saam.

Vir die kombuis: Bring asseblief skottelgoedseep, vatlappe en afdroogvadoeke saam. Braaitange word in die selfsorgeenhede voorsien.

Let wel: Die eenhede se dekor, buite-uitleg en uitsig kan van mekaar verskil.

Klik hier om 'n bespreking te maak.

Eenheidgeriewe

Lugversorging

TV

Beperkte DStv

Onderdakpatio

Braai-area

Buitemeubels

Ten volle toegeruste kombuis

Gratis Wi-Fi

Gratis parkering vir een voertuig