8-Slaper Dubbelverdieping Rondawel

70m2

Slaap 8 (Maksimum 6 Volwassenes)

1 Slaapkamer en oopplankamer bo

2 Badkamers

Selfsorg


’n Dubbelverdiepingeenheid. Op die grondverdieping is daar 1 slaapkamer met ’n dubbelbed. Daar is 1 badkamer met 'n bad. Kombuis en leefarea.

Die boonste verdieping het ʼn oop kamer met ’n dubbelbed en 2 stapelbeddens. Daar is ʼn badkamer met 'n stort.

Onderdakbraai-area. Daar is ʼn televisie met beperkte DStv. 2 voertuie word toegelaat.

Nie-rook eenheid.

Badhandoeke word voorsien. Bring eie swemhandoeke saam.

Vir die kombuis: Bring asseblief skottelgoed-seep, vatlappe en afdroogvadoeke saam. Braaitange word voorsien in self-sorg eenhede.

Let wel dat die eenhede se dekor binne, buite-uitleg en uitsig vanuit eenhede kan verskil.

Klik hier om 'n bespreking te maak.

Eenheidgeriewe

Lugversorging

TV

Beperkte DStv

Onderdakpatio

Braai-area

Buitemeubels

Ten volle toegeruste kombuis

Gratis Wi-Fi

Gratis parkering: 1 voertuig