Vierbed-tenthuis

58 m2

Slaap 4 (maksimum 2 volwassenes)

Oopplan-kamer

1 badkamer

Selfsorg


Die safaritent is op ’n sementblad gebou en beskik oor ’n dubbelbed in die slaapkamer. Twee uitrol-enkelbeddens wat geskik is vir kinders is beskikbaar in die oopplan-leefarea.

Daar is ’n kombuis en ’n badkamer met ’n stort. Hierdie eenhede het geen televisie nie.

Die tent het ’n buitebraai-area met ’n bankie en parkeerplek vir een voertuig.

Badhanddoeke word voorsien. Bring jou eie swemhanddoeke saam.

Vir die kombuis: Bring asseblief skottelgoedseep, vatlappe en afdroogvadoeke saam. Braaitange word in die selfsorgeenhede voorsien.

Let wel: Die eenhede se dekor, buite-uitleg en uitsig kan van mekaar verskil.

Klik hier om 'n bespreking te maak.

Eenheidgeriewe

Braai-area

Buitebankie

Klein kombuis

Gratis Wi-Fi

Gratis parkering vir een voertuig