8-Slaper Buffels Villa

90m2

Slaap 8 (Maksimum 6 Volwassenes)

3 Slaapkamers

2 Badkamers

Selfsorg


8-slapervilla: Die hoofslaapkamer het ʼn dubbelbed. Een van die ander kamers het ʼn dubbelbed en die ander kamer het 2 enkelbeddens. Daar is 2 dagbeddens en lugversorging in die leefarea. 

Die hoofslaapkamer se badkamer het ʼn stort en die tweede badkamer het ʼn bad en ʼn stort. Daar is ʼn volledig toegeruste kombuis, onderdakbraai-area met tuinmeubels.

Platskerm-TV met beperkte DStv. Nie-rook eenheid. 2 voertuie word toegelaat.

Badhandoeke word voorsien. Bring eie swemhandoeke saam.

Vir die kombuis: Bring asseblief skottelgoed-seep, vatlappe en afdroogvadoeke saam. Braaitange word voorsien in self-sorg eenhede.

Let wel dat die eenhede se dekor binne, buite-uitleg en uitsig vanuit eenhede kan verskil.

Klik hier om 'n bespreking te maak.

Eenheidgeriewe

Lugversorging

TV

Beperkte DStv

Onderdakpatio

Braai-area

Buitemeubels

Ten volle toegeruste kombuis

Gratis Wi-Fi

Gratis parkering: 2 voertuie