8-Slaper Magalies Villa
![]() |
60m2 |
![]() |
Slaap 8 (Maksimum 6 Volwassenes) |
![]() |
3 Slaapkamers |
![]() |
2 Badkamers |
![]() |
Selfsorg |
Die agt-bed- Magalies Villa beskik oor ’n lugversorgde hoofslaapkamer met ’n koningingrootte-bed en twee slaapkamers met twee enkelbeddens elk. Die en suite-badkamer by die hoofslaapkamer het ’n bad, terwyl die ander badkamer oor ’n stort beskik. Die leefarea het twee dagbeddens wat geskik is vir kinders.
Daar is ʼn volledig toegeruste kombuis en ʼn leefarea.
Daar is ʼn onderdakbraai-area met tuinmeubels. 2 voertuie word toegelaat.
Daar is ʼn platskerm-TV met beperkte DStv. Dit is ʼn nie-rook eenheid.
Badhandoeke word voorsien. Bring eie swemhandoeke saam.
Vir die kombuis: Bring asseblief skottelgoed-seep, vatlappe en afdroogvadoeke saam. Braaitange word voorsien in self-sorg eenhede.
Let wel dat die eenhede se dekor binne, buite-uitleg en uitsig vanuit eenhede kan verskil.
Eenheidgeriewe
![]() |
Lugversorging |
![]() |
TV |
![]() |
Beperkte DStv |
![]() |
Onderdakpatio |
![]() |
Braai-area |
![]() |
Buitemeubels |
![]() |
Ten volle toegeruste kombuis |
![]() |
Gratis Wi-Fi |
![]() |
Gratis parkering: 2 voertuie |





