Agtbed-Buffels-villa

90 m2

Slaap 8 (maksimum 6 volwassenes)

3 slaapkamers

2 badkamers

Selfsorg


Die agtbed-Buffels-villa beskik oor ’n hoofslaapkamer met ’n dubbelbed, ’n tweede slaapkamer met ’n dubbelbed, en ’n derde slaapkamer met twee enkelbeddens. Die leefarea het twee dagbeddens en is lugversorg. Die eenheid bevat ’n platskerm-TV met beperkte DStv.

Die hoofslaapkamer se badkamer het ’n stort en die tweede badkamer het ’n bad en ’n stort. Daar is ’n volledig toegeruste kombuis en ’n onderdakbraai-area met tuinmeubels.

Dit is ’n nie-rook-eenheid. Twee voertuie word toegelaat. Badhanddoeke word voorsien. Bring jou eie swemhanddoeke saam.

Vir die kombuis: Bring asseblief skottelgoedseep, vatlappe en afdroogvadoeke saam. Braaitange word in die selfsorgeenhede voorsien.

Let wel: Die eenhede se dekor, buite-uitleg en uitsig kan van mekaar verskil.

Klik hier om 'n bespreking te maak.

Eenheidgeriewe

Lugversorging

TV

Beperkte DStv

Onderdakpatio

Braai-area

Buitemeubels

Ten volle toegeruste kombuis

Gratis Wi-Fi

Gratis parkering vir twee voertuie