Agtbed-Magalies-villa (rolstoelvriendelik)

60 m2

Slaap 8 (maksimum 6 volwassenes)

3 slaapkamers

2 badkamers

Selfsorg


Die agtbed-Magalies-villa beskik ook drie slaapkamers – ’n hoofslaapkamer met lugversorging en ’n koninggrootte bed, en twee slaapkamers met twee enkelbeddens elk. Die leefarea het twee dagbeddens wat geskik is vir kinders. ’n Platskerm-TV met beperkte DStv is beskikbaar.

Daar is twee badkamers met storte – een badkamer is rolstoelvriendelik met ’n inrolstort. Die villa het ’n leefarea en ’n volledig toegeruste kombuis. Dit is ’n nie-rook-eenheid.

Die eenheid het ’n onderdakbraai-area met buitemeubels en parkeerplek vir twee voertuie. Badhanddoeke word voorsien. Bring jou eie swemhanddoeke saam.

Vir die kombuis: Bring asseblief skottelgoedseep, vatlappe en afdroogvadoeke saam. Braaitange word in die selfsorgeenhede voorsien.

Let wel: Die eenhede se dekor, buite-uitleg en uitsig kan van mekaar verskil.

Klik hier om 'n bespreking te maak.

Eenheidgeriewe

Lugversorging

TV

Beperkte DStv

Onderdakpatio

Braai-area

Buitemeubels

Ten volle toegeruste kombuis

Gratis Wi-Fi

Gratis parkering vir twee voertuie

Rolstoelvriendelik