Agtbed-Magalies-villa
![]() |
60 m2 |
![]() |
Slaap 8 (maksimum 6 volwassenes) |
![]() |
3 slaapkamers |
![]() |
2 badkamers |
![]() |
Selfsorg |
Die agtbed-Magalies-villa beskik oor ’n lugversorgde hoofslaapkamer met ’n koningingrootte bed en twee slaapkamers met twee enkelbeddens elk. Die en suite-badkamer by die hoofslaapkamer het ’n bad, terwyl die ander badkamer oor ’n stort beskik. Die leefarea het twee dagbeddens wat geskik is vir kinders. Daar is ’n platskerm-TV met beperkte DStv.
Daar is ’n volledig toegeruste kombuis en ’n leefarea, sowel as ’n onderdakbraai-area met tuinmeubels. Twee voertuie word toegelaat. Dit is ’n nie-rook-eenheid.
Badhanddoeke word voorsien. Bring jou eie swemhanddoeke saam.
Vir die kombuis: Bring asseblief skottelgoedseep, vatlappe en afdroogvadoeke saam. Braaitange word in die selfsorgeenhede voorsien.
Let wel: Die eenhede se dekor, buite-uitleg en uitsig kan van mekaar verskil.
Eenheidgeriewe
![]() |
Lugversorging |
![]() |
TV |
![]() |
Beperkte DStv |
![]() |
Onderdakpatio |
![]() |
Braai-area |
![]() |
Buitemeubels |
![]() |
Ten volle toegeruste kombuis |
![]() |
Gratis Wi-Fi |
![]() |
Gratis parkering vir twee voertuie |





